Wie is Strooimeisie

Strooimeisie is ‘n platform wat spesifiek gerig is op die Suid-Afrikaanse bruid.

Agter die skerms is twee fenomenale vroue (Lynn Scott & Shireen Louw) besig om die beste van wat die internasionale trou bedryf aanbied binne die bereik van Suid Afrikaanse bruide te bring.

Met meer as 20 jaar ondervinding in die trou industrie tussen Lynn & Shireen, staan Strooimeisie met hul vinger op die pols met die nuutste tendense, gereed om vars idees te deel sowel as die Suid -Afrikaanse bruid op koers te hou met unieke trou beplanning.

Wie is die Vroue Agter Strooimeisie:

Lynn Scott

Lynn het ‘n absolute passie vir die trou bedryf, spesifiek gerig op die vergemakliking van Trou Beplanning vir die Suid Afrikaanse bruid. Sy het¬†10 jaar ondervinding met bruide en strooimeisies op verskillende vlakke, en het die gaping raakgesien tussen wat aan Suid Afrikaanse bruide geoffer word en wat internationaal beskikbaar is. Stooimeisie is gebore as ‘n hulp middel vir die Suid Afrikaanse bruid en met groot sorg en noukeurige keuses bied Strooimeisie die beste van die Internationale/Suid-Afrikaanse trou industrie aan bruide. Sy gebruik haar kennis van skakelwese en grafiese ontwerp om Strooimeisie vars en oorspronklik te hou. Haar kennis as trou fotograaf kom handig te pas wanneer wenke & idees aan bruide verskaf word.

Shireen Louw

Met ‘n Graad in Skakelwese en ‘n suksevolle loopbaan as Internasionale Fotograaf & Videograaf maak Shireen Louw deel van ‘n formidabele span. Met ‘n gawe om haar ondervinding en kennis te deel met bruide en strooimeisies op ‘n humoristiese maar tog insiggewende manier laat baie toekomstige bruide baie gerus en in beheer van hul trou beplanning voel. Met ‘n fyn ingestelde oog waar dit by trou beplanning kom (van rok keuses tot versteekte slag gate en verseker foto idees en ¬†wenke) is dit geen wonder dat sy deur Huisgenoot Trou Gids 2016 as een van hul top “Trou Industie Kenners” aangewys is nie.