parallax background

Organiese Handruikers

Portfolio #8
February 4, 2016
Wit en swart foto idees vir julle Troudag
June 24, 2016
 

Organiese Handruikers


Nie elke bruid wil 'n doodgewone blomme ruiker hê op haar troudag nie. Hier is vier perfekte onperfekte organiese blommeruikers vir jou of jou Strooimeisie...

Daar is rerig iets spesiaal wat ontwikkel wanneer jy en jou bloemis aan die skeppings begin werk van julle troue. Van kleure tot tekstuur, van grootte tot samestelling, die groot dag se blomme sê baie oor jou styl, as bruid.

Terwyl 'n meer simmetriese handruiker meer tradisioneel is, het ograniese handruikers beslis hulle plek gevind onder die nuutste trou tendense. As jou troudag nie streng klasiek of tradisioneel is nie, hoekom moet jou blomme wees? As julle 'n meer gemaklike styl kies of dalk in die buitelug is, sal 'n kontemporêre handruiker met minder struktuur meer van pas wees. Net omdat jy vir 'n gemakliker styl gaan, beteken dit nie dat jou persoonlike styl by die deur uitloop nie.

Die geheim om 'n perfekte onperfekte handruiker te skep is nie so maklik, as om net 'n paar blomme bymekaar te sit nie. Daar is tog 'n fyn kuns wat bemeester moet word sodat die blomme mekaar komplimenteer. So! Verras jou gaste met 'n interessante kombinasie van kleur en tekstuur...