Leipzig Country House – Beloftes met ‘n uitsig.

August 30, 2016
Hoe om jou Strooimeisies gelukkig te hou
August 7, 2016
Die 6 Best Witterbrood Bestemmings vir 2017
September 11, 2016

Ervaar 'n onvergeetlike reis na die ideale plek vir 'n Suid-Afrikaanse, bestemmings troue.

Dit is alles by Leipzig. 'n Ou wynkelder, kapel, pragtige tuin, manjifieke Eikebome, amfiteater en die keuse van 'n Bedoeïene tent. Lang dae, magiese oomblikke en eenvoudige luukshede, een ding is seker - Leipzig Country House is vir verliefdes.
Hou 'n unieke troue in ons historiese wynkelder waar tot 130 mense kan sit, met 'n aparte dansvloer. 'n Buitelug seremonie in ons pragtige tuin met manjifieke Eikebome en die ou herehuis (Manor House) sal jou spesiale dag omskep in 'n sprokie. Of hou 'n romantiese seremonie met ‘n uitsig oor die wingerde in ons eeu-oue brandewyn kelder, wat nou gebruik word vir 'n kapel. Die eindelose uitsigte, omliggende wingerde, grasperke van die amfiteater en landelike sjarme van die historiese geboue bied 'n pragtige atmosfeer om blywende herinneringe te skep. Die beste van alles: hierdie skilderagtige omgewing is ideaal vir jou trou fotografie.

Al ons etes word voorberei met vars produkte uit die vrugbare vallei & omgewing. Proe aan ons boetiek-wyne, skep nuwe herinneringe en geniet kunstig voorbereide lekkernye.


Met 21 luukse kamers op die Landgoed, sal gaste van heinde en vêr nie hoef te kwel oor terugry nie. Ons kamers is omring deur wingerde, berge en netjiese tuine, wat 'n skilderagtige ontvlugting van die stadslewe is. Maak jou troue 'n naweek-wegbreek vir jou gaste deur 'n braai te hou die aand voor jou troue. Gekombineer met 'n skemerkelkie Trekker-wa rit deur die wingerde, sal jou gaste ‘n onvergeetlike ervaring gee. ‘n Wynproe kan gereël word vir gaste wat oorbly of hulle kan die vallei die oggend verken voor die troue. Jou gaste sal regdeur die naweek vermaak wees.


Die groot “groet en vertrek na jou wittebrood” kan in styl gedoen word deur 'n heerlike Vonkelwyn-ontbyt in ons tuin onder die Bedoeïene tent die oggend na jou troue.


Ons pragtige Wittebrood Suite is perfek en prentjie-mooi vir die gereed maak saam met jou bruidsmeisies voor die troue. Borde met lekker happies kan gereël word om in jou kamer te geniet met vonkelwyn vir die feestelikheid. Jou grimeerkunstenaar en haarstilis sal na jou kamer gebring word en dit is waar die pret begin.


Indien hierdie perfek klink vir jou, maak 'n afspraak om ons pragtige onthaalgeriewe te kom besigtig. Ons is beskikbaar weeksdae van 08:00 -16:00 en Saterdag van 08:00-12:00. Dit sal 'n plesier wees om jou rond te wys en jou voorkeure te bespreek. Jy sal bederf word met 'n heerlike wynproe by ons Boetiek Wynmakery om jou Leipzig-ervaring af te rond.


Vir meer informasie, besoek gerus hulle webtuiste:
www.leipzigcountryhouse.co.za
Contact Number: +27 (0)23 347 8422
Fax: +27 (0)86 295 5116
info@leipzigcountryhouse.co.za