parallax background

Hoe om jou Strooimeisies gelukkig te hou

August 7, 2016
Transformeer jou onthaal
July 2, 2016
Leipzig Country House – Beloftes met ‘n uitsig.
August 30, 2016

8 Maniere om jou Strooimeisies gelukkig te hou


Of dit nou vriende of familie is, daar’s ‘n rede hoekom jy ‘n sekere groep dames’ kies om jou strooimeisies te wees, elkeen het ‘n spesiale plek in jou hart. Tog gebeur dit so nou en dan dat die bruid se innerlike monsters uitkom, dit is tog immers jou dag dan nie?

Om jou koel te hou sal jou help om belangrike verhoudinge te onderhou lank nadat jy en jou aanstaande “ek doen” gesê het.

Om hierdie eenvoudige riglyne te volg, sal verseker dat jou helpende hande met dieselfde respek en liefde hanteer word, net soos hulle vir jou dieselfde respek en liefde gee deur langs jou sy te staan.

1. Kies wys

Wanneer jy jou strooimeisies kies, kies jy hulle omdat jy hulle daar wil hê, nie omdat jy verpligtend voel om te vra nie. Net omdat iemand jou vra om ‘n strooimeisie te wees, beteken nie jy MOET hulle vra nie. Kies slegs mense wat jy voel daar moet wees saam met jou op die groot dag deur dik en dun.

2. Stel almal bekend

As jou strooimeisies nie mekaar ken nie of van ‘n ander dorp is, vermy so bietjie van die ongemaklikheid om mekaar aangesig tot aangesig voor te stel. Sosiale media en “skype” kan ook help. Maak ‘n lekker aand daarvan waar almal bymekaar kom as ‘n groep om mekaar beter te leer ken.

3. Kies strooimeisie rokke versigtig

Wanneer dit kom by strooimeisie rokke, pas een styl almal. As jou meisies verskillende grootte en styl voorkeure het, hoekom kyk jy nie bietjie na die opsie om verskillende tipe styl rokke te maak van dieselfde kleur en materiaal nie? Nog ‘n opsie is as jy op ‘n begroting werk, dat jou strooimeisie ‘n rok huur eerder as om een te koop. (Natuurlik eers jou goedkeuring...)

4. Onthou hul “ander” lewe

Wanneer jy die bruid is, moet jy so nou en dan jouself in die strooimeisie se skoene sit en besef dat net somtyds kan jou vereistes so bietjie verregaande wees. Dit is dood normaal om op jou strooimeisies staat te maak vir DIY takies, advies en ander verpligtinge, maar moet net nie vergeet om een stappie terug te neem nie. Onthou dat hierdie dames is jou vriende en familie, nie persoonlike assistente nie.

5. Wees konsidererend teenoor finansies

Finansies is altyd ‘n teer sakie, veral as die gemiddelde koste van ‘n strooimeisie rok meer as R1000+ kan wees. Die beste manier om te verseker dat daar nie enige finansiële verrassings is nie, is om van die begin af te weet wat elkeen se begroting om en bei is. Sodoende kan jy elke spesiale geleentheid beplan wat elkeen se sak sal pas.

6. Sit ‘n wag voor jou mond

Tydens al die trou reëlings, sal daar een of ander tyd ‘n onderonsie uitbreek. Die algemeenste onderonsie word veroorsaak wanneer die bruid dink dat een of meer van haar strooimeisies nie hul kant bring nie. Baie keer weet strooimeisies nie altyd wat dit is wat hulle moet doen nie so dit is regtig belangrik om doeltreffende kommunikasie en riglyne deur te gee van presies wat dit is wat jy nodig het en wat gedoen moet word.
Verdeel die take regverdig onder mekaar sodat elke strooimeisie iets het om te doen en nie te stresvol raak nie. As daar iemand is wat vas sit onder mekaar by die troue, glimlag net breed (just smile and wave...) tot ná die troue om die situasie dan aan te pak en ook totdat almal afgekoel het.

7. Gee vir hulle ‘n skedule

Op die groot dag, daag strooimeisies baie keer oor-entoesiasties op om te weet wat om te verwag reg deur die dag. So vir elke bruid, gee jou strooimeisies ‘n mooi uiteengesette skedule van hoe die dag gaan verloop, waar hulle moet wees en vir wie hulle enige vrae kan vra. En moet nie vergeet om so paar eet goedjies en ‘n drink dingetjie deur die dag te verskaf om almal se energie vlakke hoog te hou nie.

8. Sê dankie so veel jy kan

Jy beplan seker om vir al die strooimeisies ‘n geskenkie voor of op die groot dag te gee, maar dit is belangrik om die dames gewaardeerd te laat voel deur die hele proses. Om ‘n handgeskrewe kaartjie of om hulle een vir een te nader en te sê: “Anja, baie dankie vir alles wat jy gedoen het. Dit het regtig baie vir my beteken en my dag meer spesiaal gemaak.” kan ‘n lang pad gaan.