parallax background

Transformeer jou onthaal

July 2, 2016
Wit en swart foto idees vir julle Troudag
June 24, 2016
Hoe om jou Strooimeisies gelukkig te hou
August 7, 2016
 

6 Maniere om jou onthaal spasie te transformeer


Met die seremonie agter jou, is dit tyd om fees te vier, jou hare los te maak en die aand om te dans terwyl almal ‘n glasie op julle klink! En met al die dekor idees wat beskikbaar is, was daar nog nooit ‘n beter tyd om buite die boks te dink nie. Soos elke bruid moet weet, dit is nie die grootte van jou troue wat die verskil maak nie, maar die fyner afwerkings.

“Lewendige” plafon. Voeg ‘n groot dosis glans by ‘n bruilof viering met ‘n “lewendige” plafon. Skep ‘n asemrowende inspirerende atmosfeer deur blomme en groen rank takke vanaf traliewerk of ‘n hout raam. Glo my, jou gaste se asem sal weggeslaan word.

Blomme in ‘n loper formaat. Wat is meer fantasties as blomme in ‘n loper formaat? Sê totsiens vir tradisionele blompotte en belaai jou hele tafel met ‘n vloeiende blomme rangskikking.

Bring die buitelig in. Ons is mal oor hierdie idee! Gebruik groenerigheid in jou dekor, draai lode om kolomme en pilare of probeer om lewendige bome as ‘n fokus punt te gebruik. Niks oorwin moeder natuur nie.

Sitplek dekor. Moderne trou sitplekke kan ‘n onthaal heeltemal transformeer van eenvoudig tot fantasties deur ‘n intieme hoekie vir gaste te skep waar hulle kan ontspan, drankies drink en net lekker gesellig met mekaar wees.

Kerse. Kerse sal jou hele onthaal area in ’n warm, verwelkomende gloei verander. Plus kerslig laat almal jonk en fantasties lyk! Wanneer dit by kerse kom, kan jy nooit te veel hê nie. (Wel, dit is hoe ons voel...) Ons kan net nie genoeg kry nie!

Foto dollie op! In stede daarvan om die ou tradisionele foto boks idee te volg, hoekom nie ‘n foto hoekie nie? Skep ’n spasie wat die tema van jou trou onthaal insluit waar gaste kan sê: “1,2,3...glimlag.”