Troubeplanning Wenk # 101 – Praat oor wat jy wil hê.
April 14, 2017
Show all

5 Stappe Om Jou Troue te Begin Beplan

1 | Ken Jou Prioriteite

Jy sal sien dat ons dit oor en oor noem. Dit beteken dit is belangrik! Jy moet jou trou-prioriteite bepaal. Dit kan die belangrikste ding wees wat julle saam doen as 'n paartjie voor die troue. Om jul trou-prioriteite te ken, sal jou toelaat om te fokus op wat die belangrikste is vir die twee van julle. Nie enigiemand anders nie. Hierdie prioriteite sal help om jul troue uniek te maak. Dit maak dit ook makliker om op die regte spoor te bly en nie deur familie, vriende of verskaffers beïnvloed te word nie.


2 | Kry Jou Troubeplannings Leêr

Jy moet 'n troubeplannings middelpunt hê. Dit mag jou rekenaar of selfoon wees, maar ons gunsteling is die leêr. Ek mis daardie dae waar al wat 'n meisie nodig gehad het, haar leêr en gunsteling pen was, om haar droom dag te beplan. Troubeplannings leêrs is vir bruide wat lief is vir werklike, tasbare papier, penne en potlode. Ernstig nou, wanneer het troubeplanning so tegnies geword? Bring die kontrolelyste, tydlyne en stap-vir-stap instruksies wat ons in ons hande kan hou.


3 | Bepaal Jou Troubegroting

Jy moet nooit onthaalplekke en verskaffers bespreek voordat jy nie 'n begroting het nie. Met al die trou-opwinding is dit die vinnigste manier om oor te bestee. Praat met die persone wat finansieel bydra tot die troue. Laat hulle spesifiek wees oor wat en wanneer hulle bydra. Sodra jy jou prioriteite en begroting in plek het, sal dit baie makliker wees om te besluit op watter items en verskaffers jy meer wil spandeer en waar jy wil terugsny. Om hierdie twee dinge te ken, sal vêr gaan om jul troue uniek te maak.


4 | Begin Met Die Gastelys

Begin 'n voorlopige gastelys. Jy wil nie 'n plek bespreek wat te klein is nie. Sommige paartjies wil eerder 'n meer intieme troue hê. Dan kan jy uithang met met goed soos kos, alkohol of dekor. Groot troues is net nie hul ding nie. Sommige paartjies wil eerder baie mense nooi om soveel as moontlik te deel in hul nuwe lewe saam. Dit kan beteken dat hul moet terugsny op ander gebiede. Daar is geen regte of verkeerde besluit hier nie. Dit gaan alles oor jul prioriteite.


5 | Versamel Troubeplanning Inspirasie

Ons noem dit trouspirasie. Moenie oorboord gaan nie! Pinterest en tydskrifte is vir inspirasie. Hulle is nie altyd realisties nie. Veral vir bruide met 'n begroting. Hou jou prioriteite, begroting en styl in gedagte wanneer jy begin soek na verskaffers en onthaal opsies.



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *